Spaanse trappe

Spaanse trappe

Die Spaanse trappe (Italiaans: Scalinata di Trinità dei Monti) is 'n stel trappe in Rome, Italië, wat teen 'n steil helling tussen die Piazza di Spagna aan die basis en Piazza Trinità dei Monti aan die bokant, wat oorheers word deur die Trinità dei Monti-kerk, klim.

Die monumentale bouwerk bestaande uit 135 afsonderlike trappe (die effens verhoogde dreineringstelsel word dikwels verkeerdelik as die eerste trap geneem) is in 1723–1725 gebou met die Franse diplomaat Étienne Gueffier se bemaakte fondse van 20.000 Italiaanse scudi. Dit verbind die Trinità dei Monti-kerk wat onder die beskerming van die Bourbon-konings van Frankryk was - welke bo-op geleë is en die Spaanse ambassade van Bourbon aan die Heilige Stoel aan die onderkant in Palazzo Monaldeschi. Die trap is ontwerp deur die argitekte Francesco de Sanctis en Alessandro Specchi.


Developed by StudentB